Studente besig om papierblommetjies in 'n staalstruktuur te druk. Foto: Helena van der Westhuizen
Vanessa van der Westhuizen, Potchefstroom Herald berig:
Die vlotstrukture waaraan die NWU eerstejaars en Joolkomitee die afgelope weke so hard gewerk het, sal Saterdag (15 Februarie) van 9:00 tot 13:00 by die Mooirivier Mall uitgestal word.
So sê Zané Botha, voorsitter van die Joolkomitee, wat saam met die bestuur van die koshuise, nuwe reëlings moes tref nadat die vlotoptog Saterdag (1 Februarie) gekanselleer is.
Swaar reën en sterk wind wat die Joolplaas Donderdag (30 Januarie) getref het, het veroorsaak dat die vlotoptog vir die eerste keer in 53 jaar afgestel is.
Zané sê dat die komitee aanvanklik beplan het om die vlotte by Cachet Park uit te stal, maar weens logistieke reëlings is daar toe besluit om dit eerder by Mooirivier Mall te doen. Hulle nooi die publiek om hulle harde werk hier te aanskou en ‘n bydrae te lewer vir hulle onbaatsugtige opoffering vir liefdadigheid.
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.