
In November 2018 is ‘n span as ‘n loodsprojek van die Ngwathe Munisipaliteit se tegniese afdeling opgelei om onder meer slaggate te herstel. Sedertdien sê Sello Ramokhoase en Thabo Nthoesane dat hul passie vir wat hul doen, deur inwoners van Parys raakgesien word.
Verlede week het hulle slaggate in Kortstraat herstel en is daar selfs sewe sakke teer deur die NG-gemeente Parys-Wes vir hulle geskenk om te help met die herstelwerk wat naby die kruising van Kort- en Grensstraat gedoen is.
Die span wat bekend is as Ketane Ya Radiplokoe, bestaan naas Sello en Thabo uit ses mans en vier vroue van wie die meeste jongmense is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.