NewsNews

Dit is hoekom jy moet bloed skenk

  Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 10 Maart 2020 by die Hervormde Kerksaal in Parys vanaf 13h00 – 19h00. Maart is tradisioneel ʼn moeilike tydperk vir SANBS, weens die rekord-eksamens. Daar is dikwels nie genoeg bloedskenkklinieke by maatskappye om die gapings van die afwesigheid van …

 

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 10 Maart 2020 by die Hervormde Kerksaal in Parys vanaf 13h00 – 19h00.

Maart is tradisioneel ʼn moeilike tydperk vir SANBS, weens die rekord-eksamens. Daar is dikwels nie genoeg bloedskenkklinieke by maatskappye om die gapings van die afwesigheid van bloedskenkklinieke by skole en tersiêre instellings te vul nie.

Help SANBS om die rekord to breek en 150 eenhede bloed en meer in te samel. ‘n Verrassing vir elke bloed skenker!

Die behoefte aan bloed raak ons elkeen. Agt uit tien mense sal bloed of bloedprodukte op ʼn stadium in hul lewe benodig. Baie van vandag se mediese sorg hang af van ʼn bestendige bloedvoorraad van gesonde skenkers. Daar word ook voorspel dat bloedverbruik sal toeneem met ʼn bevolking wat ouer word en mediese vooruitgang. Dit neem minder as ʼn uur elke twee maande om ʼn held te word vir iemand wat jy nooit sal ontmoet nie, maar wie se lewe jy vir altyd verander het.

Met een bloedskenking kan jy soveel as drie lewens red. Die rede is dat ʼn eenheid bloed in 3 komponente geskei word: rooibloedselle, plaatjies en plasma. Rooibloedselle word tipies gebruik om die bloedvolume te vervang van ʼn persoon wat baie bloed verloor het, bv. tydens ʼn motorongeluk of kindergeboorte, plasma vir mense wat aan ʼn bloedsiekte, bv. hemofilie ly of wat ernstige brandwonde opgedoen het. Plaatjies word gegee aan kankerpasiënte, wie se plaatjies deur chemoterapie vernietig is.

Die SANBD moedig elke Suid-Afrikaner aan om by die gereelde groep bloedskenkers aan te sluit wat die lewens van hul medemense op hierdie manier red.

Om ʼn bloedskenker te word moet jy:

• Tussen die ouderdom van 16-75 wees

• Meer as 50kg weeg

• Iets voor jou skenking eet

• ʼn Veilige seksuele leefstyl lei

• Gesond wees op die dag van skenking.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button