
Na afhandeling van Noordwes rolbal se ligas, het Parys Rolbalklub twee medaljes ingepalm. Die eersteliga vrouespan wat bestaan uit Marie Uys, Stienie Brown, Theresa Jones en Amanda Bester het goud gewen toe hulle vir PCC in die finaal geklop het. Dit beteken dat die Parysklub volgende seisoen twee vrouespanne in die Noordwes premierliga sal hê.
Die Parysspan bestaande uit Rudi Jacobs, George Lotter, Jaco Nel en Raymond Loubser het die silwermedalje in die Premierliga gewen met die Potchefstroom Rolbalklub se Pierre Breitenbach se span wat Goud gewen het, die vierde keer in ‘n ry.
In ander uitslae het PCC se mansspan die eersteliga gewen en die klub sal vir die eerste keer in tien jaar weer ‘n mansspan in die Premierliga hê.
Lafarge se vrouespan het die vroue Premierliga gewen met Potchfstroom klub in die tweede plek. Orkney se mansspan het die silwermedalje in die mans eersteliga gewen.
Die vroue en mansspan van Mafeking het beide laaste geëindig in die Premierliga en skuif aanstaande seisoen af na die Eersteliga.


…



