NewsNews

Vleis lei tot konfrontasie, skietery

Vleis lei tot konfrontasie, skietery

Dit is volgens Donjuan van Heerden hoe die onderonsie tussen sy pa, wyle Danie van Heerden (61) en Sabelo Patrick Dlamini (41), ’n veiligheidswag van die Rooimiere, op 27 Desember 2018 ontstaan het en uiteindelik tot die skietdood van sy pa gelei het.

Die sekuriteitswag staan nou, meer as ’n jaar ná die voorval, op aanklagte van moord en die rig van ’n vuurwapen tereg. Danie was die pa van die voormalige kampioenbokser, Chris van Heerden en die gemengde gevegkuns (MMA) ster, Danie “The Pitbull” van Heerden. Die saak het ná meer as ’n jaar en verskeie kere wat dit uitgestel is, uiteindelik verlede Vrydag, 21 Februarie in die streekhof in Vereeniging begin.

Donjuan was die eerste getuie wat die staat geroep het om te getuig. Vriende en familie van wyle Danie het die hofbanke volgesit.
Donjuan het getuig hoe hy op die betrokke dag saam met Venecia Kunneke en sy pa na die slaghuis gery het om vleis te gaan koop, toe hulle die koeltrok en veiligheidsbakkie langs die pad aangetref het.

Wyle Danie van Heerden en die beskuldigde,
Sabelo Patrick Dlamini, konfronteer mekaar op die video wat in Desember 2018 verfilm is. Kort daarna het Dlamini glo vir Van Heerden doodgeskiet. Foto: Facebook

“Toe my pa sy bakkie stop is die vleis vinnig vanaf die veiligheidswag se bakkie terug in die vragmotor gelaai. Die vragmotor het toe baie vining die toneel verlaat,” het Donjuan aan landdros Chris Kruger verduidelik.
Donjuan het getuig hoe sy pa vir Sabelo gekonfronteer het en gevra het wat hy besig is om te doen. Daarna het die wag hom glo gevloek, waarna Danie gedreig het dat hy Sebelo se baas, Johan Bosch, sou bel. Die twee het mekaar glo goed geken. Donjuan het getuig dat die veiligheidswag toe ‘n vuurwapen uit sy voertuig gaan haal het.

Sabelo Patrick Dlamini word aangekla van moord en die rig van ’n vuurwapen, nadat hy Danie van Heerden, ’n bekende inwoner van Meyerton, in Desember 2018 tydens ’n woordewisseling doodgeskiet het. Foto: Chritiaan Cloete

Venetia, wat op die voorste passasiersitplek gesit het, het die voorval verfilm. Danie het die sleutels uit die sekuriteitswag se voertuig geneem en gesê dat hy Sabelo na Bosch gaan neem. Sabelo het toe die voorste linkerband van Danie se Mitsubishi Colt bakkie geskiet. Hierop het Danie glo geskree: “Shoot! I am going to lock you up!” Sabelo het toe vir Danie daarvan beskuldig dat hy besig is om hom te probeer kaap, waarop Danie geantwoord het: “Here’s your key you f*ck*ng p**s!” en die sleutel na hom gegooi het. Sabelo het glo daarna vir Danie van naby af geskiet.
Die saak is uitgestel tot later in Maart sodat beelmateriaal wat Venetia op die dag verfilm het, bekom kan word. Dlamini se verdediging het aangedui dat hulle nie die egtheid van die beeldmateriaal betwis nie.

Vleis lei tot konfrontasie, skietery

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button