News

Xtreme for Kids: Kinders moet die boodskap hoor

Xtreme for Kids: Kinders moet die boodskap hoor

Die Xtreme for Kids 2020 fietstoer onder die vaandel van Matla a Bana, het verlede week ook ‘n draai in Parys gemaak. Die span laat die speke sing tot in Kaapstad om die boodskap onomwonde oor te dra – sê nee vir kindermishandeling en verkragting.
Daar is op 25 Februarie weggespring en verlede Woensdag het die span in Parys oornag waarna hulle ook ‘n draai in Vredefort gemaak het. Hulle word op 8 Maart in Kaapstad verwelkom.

Meer oor die Xtreme fietstoer:
Die fietstoer het in 2013 sy ontstaan gehad toe drie sakemanne en ‘n paar fietsryers besluit het om hul voet neer te sit teen kindermishandeling.
Hulle sou nie net fiets trap van Johannesburg na Kaapstad om geld in te samel om hul boodskap oor te dra nie. Skole in landelike gebiede is besoek om self met die kinders te gesels oor die gevare van kindermishandeling, en waar om hulp te soek.
Van ‘n eerste toer in 2013 met net drie fietsryers en geen borgskappe nie, het die toer sedertdien merkwaardig gegroei en het die sukses gelei tot Matla a Bana se skoolprogramme wat spesiaal vir die toer ontwikkel is.
Met karakters soos kapt. Bully Buster, Moompi en Smiley, word daar met die kinders gesels oor boeliegedrag, oor geheimhouding en wanneer dit nie aanvaarbaar is nie, en hoe jy jouself moet beskerm teen mense wat kinders wil misbruik.
Teen 2019 het 45 fietsryers in totaal al help trap om die boodskap oor te dra, selfs in van die armste gemeenskappe.
Daar was die uitdaging van uiterstes wat op die pad trotseer moes word, verhale van ongelooflike spanwerk, en getuienisse oor die warm gasvryheid van Suid-Afrikaners terwyl nagenoeg 40 000 kinders oor die jare bereik is.
Meer as R700 000 is ingesamel sedert die begin van die toer vir onder meer kindervriendelike aanmeldingsfasiliteite by die polisie se Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortredingseenhede, en opleidingsprojekte om baie nodige ‘sagte’ vaardighede vir hulle te leer wat slagoffers van geweld moet bystaan. Opleiding waarvoor daar dikwels andersins nie geld sou wees nie.
So ‘n opleidingsessie is ook onlangs in Parys gehou.

Oor Matla a bana
Matla a Bana is gestig deur Monique Strydom wat self die trauma van gyselaarsaanhouding beleef het. Na die verkragting van twee babas in 2002 het sy Matla a Bana gestig met die doel om die sekondêre trauma wat dikwels beleef word wanneer verkragting aangemeld word, uit te skakel.
So word 30 000 kinders na raming elke jaar gehelp om misdaad te rapporteer.
Matla a Bana is deur Old Mutual as een van sy vlagskipprojekte in Suid-Afrika gekies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button