NewsNews

Augustus-fees in Parys gehou

Kom gesels saam met idees en voorstelle vanaand, 12 Maart om 17:00 by Parys Info-kantoor in Waterstraat.

Augustus is nie net Vrouemaand nie. Dit is vanjaar die maand wat daar behoorlik fees gevier gaan word in Parys van 7 tot 10 Augustus.
Die Augustus-fees vervang die Dome Avontuurfees wat vir jare deel was van die dorp se kalender.
Met ‘n splinternuwe feesbaadjie gaan gepoog word om die hele gemeenskap te betrek met feeste in Parys deur Parys se mense.
Dit beteken dat of jy ‘n instansie, besigheid of individu is – elkeen kan sorg vir ‘n unieke geleentheid op die feesprogram.
Of dit nou ‘n sportgeleentheid, gholfdag, wynproe, boekbespreking, kunstenaarsoptrede, kunsuitstalling, kookdemonstrasie of wat ookal jy het om te bied is – gesels met Parys Info en reël jou unieke feesgeleentheid. Of nog beter, kom gesels saam met idees en voorstelle vanaand, 12 Maart om 17:00 by Parys Info-kantoor in Waterstraat.
Wat die fees uniek maak is dat elke deelnemer, hetsy klub, restaurant, instansie, skole, kerke ensovoorts hul eie geleentheid reël en die koste daarvan dra om by elke onderneming se unieke karakter en begroting te pas. Al die hoogtepunte word dan deur die Parys Info-kantoor gekoördineer vir die feesprogram.
Die baie gewilde Dragon-boot kragmeting sal wel soos in die verlede deel wees van die fees.
Met dié fees kan Parysenaars die langnaweek met die viering van Vrouedag behoorlik benut om voete na die dorp te lok.
‘n Interaktiewe kaart wat aanlyn beskikbaar sal wees op die fees se webtuiste, sal besoekers na elke besoekpunt lei waar daar gekuier kan word en Parys se gasvryheid op sy beste beleef kan word.
As bonus sal selfs die gewilde aandmark Saterdag, 8 Augustus deur We Do Deals on Heels in die hoofstraat van Parys aangebied.
’n Unieke inkopie-belewenis wanneer jy te voet in Parys se hoofstraat die talle besondere toeriste-winkels en restaurante kan beleef in ‘n atmosfeer soos jy net hier in Parys sal kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button