
Smokie, die Britse rockgroep wat volgende naweek in Kaapstad, Pretoria en Brakpan sou optree, sal nou eers na verwagting Suid-Afrika in Desember besoek.
Dit volg nadat hul bepande besoek uitgestel moes word na president Cyril Ramaphosa verlede week ‘n noodtoestand in Suid-Afrika aangekondig het.
Die nuwe datums vir Smokie se optrede is nou
11 Desember om 20:00 in die Grand Arena in Grand West Casino, Kaapstad
12 Desember om 20:00 in die Big Top Arena in Carnival City in Brakpan
13 Desember om 15:00 in die Sun Arena in Time Square, Pretoria.
Mense wat kaartjies vir volgende naweek se konserte gehad het, se bespreking skuif outomaties na die Desember datums sonder dat ekstra koste gevra sal word, het Lefra Produksies gesê, maar mense sal met Computicket moet skakel om ‘n nuwe kaartjie te kry.





