NewsNews

Tuisbly geregte

Hier's 'n paar kosmaak-idees ideaal vir grendel dae

 

Maklike skons (genoeg vir 8 – 10 skons)
Voorverhit oond tot 240° C. Sif 500ml meelblom, 20ml bakpoeier en 3ml sout saam in ‘n mengbak en vryf 25ml botter
daarin met die vingerpunte. Voeg 175ml melk by en sny in met ‘n mes of spatel. Moenie meng tot glad nie.
Keer deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en druk liggies aanmekaar. Rol ongeveer 20mm dik uit en druk skons uit met koekiedrukker of wat jy ook al het. Plaas skons op
gesmeerde bakplaat en smeer bokante met geklitste eier. Bak vir ongeveer 12 – 15 minute tot goudbruin en gaar. Haal uit oond en laat op draadrak afkoel.

Cheesy topped meat slice (Serves 6 – 8)
Heat oven to 180°C. Combine 500g minced beef, 1 finely chopped onion, salt and black pepper to taste, 45ml
each mustard sauce and tomato sauce, 2 beaten eggs, 60ml crushed breakfast cereal flakes and 75g grated cheese. Press into a lightly greased baking tray. Spread a mixture of some
more tomato and mustard sauce over the surface. Sprinkle with more crushed cereal flakes and 25g grated cheese. Cover with foil and bake about 50 minutes.
Cut into squares to serve and sprinkle with chopped parsley (optional).

Aartappelkoekies
Rasper 4 rou medium aartappels en roer by: 12,5ml meelblom, 12,5ml melk, 1 eier, 5ml sout, 1 ml elk peper en neutmuskaat. Drup lepelsvol in warm olie in ‘n vlak braaipan and braai aan albei kante bruin. Dien warm op.

 

Souskluitjies (Lewer omtrent 12 kluitjies)
Sif 250ml meelblom, 5ml bakpoeier en 2ml sout saam en vryf 50 ml botter daarin met die
vingerpunte. Klits 2 eiers met 12,5 ml suiker to lig, voeg by die meelmengsel en meng liggies.
Gooi kookwater in ‘n 17 cm-deursnee kastrol sodat dit omtrent 5 cm diep daaarin is; voeg by 3ml sout en 3m fyn kaneel en laat goed kook. Doop ‘n teelepel in die kookwater en skep ‘n ronde teelepelvol deeg in die kokende water. Herhaal sodat daar omtrent 4/5 kluitjies op ‘n slag in die kookwater beland. Laat hulle 10 minute lank kook sonder om die deksel op te lig. Indien meer kluitjies in die kastrol geskep word, slaan party van hulle toe.
Lig die kluitjies uit die water en skep in ‘n opdienbak. Strooi suiker wat met fyn kaneel gemeng is oor die kluitjies asook bietjie gesmelte botter. Vul water aan en herhaal tot die
deeg op is. Elke persoon kan meer kaneelsuiker oorstrooi, indien hulle dit soeter verkies.

 

Related Articles

 
Back to top button