
Gauteng bly steeds die provinsie met die meeste Covid-19 gevalle.
SA het nou 3 034 mense wat reeds positief getoets het vir die virus, en 52 sterfgevalle. In totaal het 903 Suid-Afrikaners al van die virus herstel.
Die minister van gesondheid het ook aangekondig dat die land reeds 108 021 mense getoets het.
Naas Gauteng wat nou 1 101 positiewe gevalle het, is die Wes-Kaap met 836 gevalle en KwaZulu Natal met 604 gevalle, steeds die provinsies wat die hoogste infeksiesyfers het.
Die Oos-Kaap het tans 270 gevalle, die Vrystaat 100 gevalle, Limpopo 26, Mpumalanga 25, Noordwes 24 en Noord-Kaap 16


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



