News

Oor hof toe gaan: Nie eens die president sal jou keer nie

As jy ongelukkig is oor die inperkingsregulasies en jou tot die hof wil wend, sal nie eens president Cyril Ramaphosa jou keer nie. In sy weeklikse nuusbrief skryf die president dat een van die belangrikste oorwinnings vir Suid-Afrika juis demokrasie was, en dat Suid-Afrikaners glo dat die grondwet hulle beskerm en howe regverdig en onpartydig …

As jy ongelukkig is oor die inperkingsregulasies en jou tot die hof wil wend, sal nie eens president Cyril Ramaphosa jou keer nie. In sy weeklikse nuusbrief skryf die president dat een van die belangrikste oorwinnings vir Suid-Afrika juis demokrasie was, en dat Suid-Afrikaners glo dat die grondwet hulle beskerm en howe regverdig en onpartydig is.

Hoewel die regering nie graag regsaksie teen hom wil hê nie aanvaar hy dat daar Suid-Afrikaners is wat ontevrede is oor die inperkingsmaatreëls, en dat elke Suid-Afrikaner daarom die reg het om die hof  te nader, en dat “nie eens ek, die president,  ooit in iemand se pad sal  staan wat daardie reg uitoefen nie.”

Die president skryf   dat sedert die nasionale staat van inperking  ‘n aantal mense hulle al tot die hof gewend het – sommige suksesvol, ander nie, terwyl daar ook hofaansoeke was wat teruggetrek is nadat die partye met die regering vergader het.

Hy sê dat konstruktiewe kritiek die regering help om aan te pas onder die omstandighede, en dat hy besef dat daar baie kritiek sal wees oor hoe die regering die Covid-19 krisis hanteer.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button