Jy kan hier water kry
Die huidige kragkrisis in Parys raak ook watervoorsiening met die waterwerke wat ook geaffekteer word. Daar is tans nagenoeg 50 watertenks in totaal op by verskeie punte in Tumahole en Schonkenville, asook 2 in Derdelaan by die Rooidam en die kafee op die h/v Derdelaan en Grensstraat onderskeidelik, en ook voor Clicks by die parkeerruimte …
Die huidige kragkrisis in Parys raak ook watervoorsiening met die waterwerke wat ook geaffekteer word.
Daar is tans nagenoeg 50 watertenks in totaal op by verskeie punte in Tumahole en Schonkenville, asook 2 in Derdelaan by die Rooidam en die kafee op die h/v Derdelaan en Grensstraat onderskeidelik, en ook voor Clicks by die parkeerruimte voor die stadsaal.
Enigeen mag hier gratis water kry en word die tenks 24 uur 7 dae ‘n week volgehou met water wat met watertenkers aangery word van een van Rand Water se opgaartenks by Sasolburg.
Maak gebruik hiervan as jy tans waternood het.
Kragvoorsiening na Parys, Schonkenville en Tumahole sal eers na verwagting teen moremiddag herstel wees.





