
Jy kan tans steeds nie onder vlak 3 inperkingsregulasies oor provinsiegrense beweeg sonder ‘n permit nie.
Dit beteken as jou papierwerk nie reg is nie, kan jy steeds nie gaan kruideniers koop, kuier of kerk toe gaan in ‘n ander provinsie nie.
Net in gevalle waar jy byvoorbeeld n permit sou hê om nou te moet trek, n begrafnis bywoon, vir doktersbesoeke of behandeling, waar kinders in ander provinsies skoolgaan of jy uit die aard van jou werk na n ander provinsie moet reis sal jy toegelaat word oor die provinsiegrense.
As jy na n siek nabye familielid of bejaarde moet gaan omsien in n ander provinsie moet jy n verklaring by jou naaste polisiestasie gaan aflê wat jou dan die korrekte papierwerk sal gee om oor die provinsiegrens te kan reis.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



