Potchefstroom – Voertuigregistrasies en -lisensies kan van vandag af (12 Junie) weer by die verkeersafdeling in Potchefstroom gedoen word. Dié dienste word van 08:00 – 13:00 gelewer en slegs 50 kliënte sal per dag toegelaat word.
Voertuigpadwaardigheidstoetse word al van Maandag, 1 Junie weer gedoen. Slegs 20 voertuie se toetse word vanaf 08:00 – 15:00 per dag gedoen.
Die leerling- en bestuurderlisensie-afdelings van verkeer is nog nie oop vir die publiek nie. Daar word egter beplan om op Woensdag, 17 Junie ‘n aankondiging te maak wanneer dié dienste weer gelewer sal word.
Op Ventersdorp is al bogenoemde verkeersafdelings steeds vir die publiek gesluit. Daar sal ook op 17 Junie ‘n aankondiging gemaak word wanneer dienste by hul plaaslike verkeersafdelings sal hervat.
Die woordvoerder van J.B Marks. William Maphosa, herinner die publiek om aan die nodige COVID-19-veiligheidsmaatreëls te voldoen. Daar word van alle kliënte verwag om gesigmaskers te dra, hulle eie penne saam te bring en ‘n veilige sosiale afstand te volg.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Support local journalism
Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.
Liezl Scheepers
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.