News

Só sê die regulasies oor fliek, dobbel en verblyf

Só sê die regulasies oor fliek, dobbel en verblyf

*In terme van nuwe vlak 3 regulasies wat verlede week aangekondig is, kan jy ook nou biblioteke besoek, of ’n draai by ’n museum of kunsgalery gaan maak. Alles natuurlik onderhewig aan die nodige gesondheidsvereistes.
* Jy kan gaan fliek maar net 50 mense kan op ’n slag in die fliekteater wees ,en jy moet vooraf bespreek.
* Jy kan teater toe gaan, maar ook net 50 mense op ’n slag kan by die uitvoering wees, en die produksie-geselskap insluitend kunstenaars word tot 15 mense besperk.
* Konferensies vir werksdoeleindes kan gehou word maar net 50 mense mag die konferensie bywoon en jy mag nie rondskuif nie. Op die stoel waar jy sit sal jy sit vir die duur van die konferensie.
* Jy kan gaan dobbel mits kliënte by die casino 1,5m uitmekaar sit. Die casino mag net 50% van die beskikbare vloerspasie gebruik. Geen alkohol mag bedien word nie.
* Verblyf is net oop vir mense wat vir besigheid moet reis, en dan ook net by plekke wat formeel geakkrediteer en gelisensieer is. Dit wil sê Airbnb-verblyf en nie-geakkrediteerde gastehuise, private huise en ontspanningsverblyf bly toe. Vakansiebesprekings is dus steeds taboe.
* Strande en parke bly toe.
*Gimnasiums bly nog gesluit.
* Nagklubs, kroeë en sjebiens bly gesluit.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button