Jy was dalk al opgewonde vir die lekker sonnige dae wat Parysenaars die afgelope week al gevoel het, maar moenie so gou jou jas wegpak nie. Die koue kom!
‘n Koue front word vandeesweek in sentraal Gauteng verwag en kan jy jou jas reghou vir die koue wat van Dinsdag tot minstens Donderdag sal duur.
Daar word ook sneeu in die Wes-Kaap verwag.
Maandag 17 Augustus kan Parysenaars bewolkte weer met ‘n minimum van 9 grade Celsius en ‘n maksimum van 23 grade Celsius te wagte wees.
Dinsdag is dit ‘n koel minimum van -1 en ‘n maksimum van 13.
Woensdag sal dit steeds ysig wees in Parys met ‘n minimum van -1 en ‘n maksimum van 15 grade Celsius.
Donderdag sal dit ‘n maksimum van 19 grade Celsius wees, en teen Vrydag darem al ‘n maksimum van 21 grade Celsius.