News

Sterrekyk op Deelfontein

Sterrekyk op Deelfontein

Parysenaars en besoekers van elders kry weer dié naweek geleentheid vir ´n onvergeetlike sterrekyk-uitstappie na Deelfontein in die Vredefort Koepel. Dit word Saterdag, 22 Augustus om 19:00 gehou. Frik le Roux van die Suid-Afrikaanse astronomie-vereniging se Pretoria-tak lei die aanbieding met Deelfontein se 12-duim Schmidt-Cassegrain-teleskoop, en begin soos gewoonlik met ‘n inleiding in die seminaarkamer langs die sterrewag. Jupiter en Saturnus, die twee interessantste planete, is tans goed sigbaar, en met die sterrekyk datum naby nuwemaan, sal die sterre in die Koepel se donker naghemel baie goed vertoon. Besoekers kan gerus verkykers saambring, want die groter konstellasies is daardeur beter sigbaar as in die sterk teleskope. Die uitstappie kos R100 per persoon. Bring warm klere en skoene saam, al behoort die nagtemperatuur teen Saterdag effens hoër te wees na die week se koue front verbygetrek het. Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za beskikbaar, en die sterrewag is op die plaas met rigtingwysers aangedui. Bevestig vooraf bywoning per e-pos by gerhard@deelfontein.co.za of per SMS by 083 280 9784.  

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button