NewsNews

Pure kultuurplesier: “Dit het ons stoutste verwagtinge oortref!

      Die opkoms by die kultuurkuier wat Vrydagaand deur die ATKV Vredefort Koepel by O’s Restaurant aangebied is, het selfs die stoutste verwagtinge van die organiseerders oortref. Tien tafels vol mense het heerlik saam gekuier, grappe gemaak, gesing en gelag tot laat. Pure kultuurplesier om net weer jou tone te laat krul en …

 

 

 

Die opkoms by die kultuurkuier wat Vrydagaand deur die ATKV Vredefort Koepel by O’s Restaurant aangebied is, het selfs die stoutste verwagtinge van die organiseerders oortref. Tien tafels vol mense het heerlik saam gekuier, grappe gemaak, gesing en gelag tot laat. Pure kultuurplesier om net weer jou tone te laat krul en jou hart te laat swel vir die liefde vir Afrikaans. Terselfdertyd is die pandemie-narigheid sommer afgeskud  en moed geskep vir die pad vorentoe. Erna Rademan was agter die klavier en Magda Perry het die groep gelei, terwyl die sang van tenoor Werner van Coller van Viljoenskroon  en Corlia Wentink se kostelike  Griekwa-Afrikaanse staaltjies gesorg het vir ‘n onthou-aand soos min.      

 

 

 

Related Articles

Back to top button