NewsNews
Sy vingers kielie die klawers vir ‘n Roccobilly
As jy die vrolike klavierklanke van Rocco de Villiers ken sal jy weet watter absolute geniet dit is om ‘n vertoning van dié talenvolle pianis te kan bywoon. Rocco het nie net onlangs in die Vredefort Koepel by Gecko Inn laat hoor wat hy op ‘n klawerbord kan doen …


As jy die vrolike klavierklanke van Rocco de Villiers ken sal jy weet watter absolute geniet dit is om ‘n vertoning van dié talenvolle pianis te kan bywoon.
Rocco het nie net onlangs in die Vredefort Koepel by Gecko Inn laat hoor wat hy op ‘n klawerbord kan doen nie, maar ook Vrydagaand 11 Desember toe hy ‘n gratis vertoning by Capello Restaurant in Parys gehou het. ‘n Ongelooflike voorreg vir Parysenaars en boonop het jy vanaand, Saterdag 12 Desember ook die kans om Lianie en Jay in die dorp te hoor wanneer hulle by Cherry on Top optree. Die vertoning begin om 19:00. Vir navrae en kaartjiebesprekings skakel 072 837 5434

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



