NewsNews

Moenie vergeet van jou selfie saam met Santa en sy elfies

Moenie vergeet van jou selfie saam met Santa en sy elfies

 

 

 

Moenie vergeet om vanaand seker te maak jy vat die kinders vir ‘n foto saam met Kersvader en sy elfies by Epilepsie SA se Santa’s Grotto in Breëstraat regoor die Dot Shop.

 

 

 

 

 

Daar is volop geleentheid vanaand tussen 18:00 en 20:00 om foto’s te neem of selfs ‘n selfie te kan neem, terwyl jy ook sommer ‘n draai kan maak by die nagmark in Parys se hoofstraat. ‘n Feestelikheid van laatnag inkopies, liggies en lekker kuier al van laatmiddag af.

Sien jou daar!

En as jy dit nie kan maak vir Santa’s Grotto vanaand nie – is jy welkom elke ander aand behalwe Maandag en Sondae om te kom inloer tot en met die 23ste. Daar’s alles en nog wat wat sinoniem is met Kersfees en boonop kan jy sommer kom hoor watter lekker aktiwiteite vir die kinders daar te doen is by die sentrum  – van kerskous verf werkswinkels, Christmas Bingo, Carol Karaoke kompetisies en baie meer.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button