
In die afgelope 4 dae (10-13 Janaurie) het die aantal positiewe Covid-19 gevalle in Parys van 756 gevalle na 779 gestyg.
Tog word steeds gerapporteer dat mense nie sosiale afstand handhaaf nie, en daar steeds by sommige ‘n onwilligheid is om maskers in die openbaar te dra, ten spyte daarvan dat swaar boetes en selfs tronkstraf jou opgelê kan word, sou jy sonder ‘n masker in die openbaar beweeg.
Bo en behalwe jou eie veiligheid, onthou dat jy ook ander se lewens in gevaar kan stel, veral hulle met komorbiditeite. Die tabel hieronder wys hoe die syfers op 13 Januarie in die onderskeie dorpe in die munisipale gebiede in die Fezile Dabi-distrik gelyk het met ‘n totaal van 8669 gevalle vir die hele streek. Net vier dae gelede was die totale syfer vir die streek 8411.
Die tabel hieronder gee die syfers vir die onderskeie dorpe in die munisipale gebiede in die Fezile Dabi-distrik soos op 10 Janaurie. Gaan kyk bietjie hoe die syfers gestyg het. Vroeër die week is reeds gesê dat in die Fezile Dabi-streek kommer is oor die syfers van Koppies, Heilbron, Sasolburg en Kroonstad.




