News
Solidariteit en AfriForum stuit toerisme-rassefonds in hof
Solidariteit en AfriForum stuit toerisme-rassefonds in hof

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het ʼn interdik aan Solidariteit en AfriForum toegestaan wat die uitbetaling van enige gelde vanuit die Departement van Toerisme se ekwiteitsfonds belet.
Die twee organisasies het hulle op ʼn dringende basis tot die hof gewend nadat die minister van Toerisme aangekondig het dat die departement se fonds vir die herstel van die toerismesektor slegs toeganklik is vir mense wat vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) kwalifiseer. Die ekwiteitsfonds is deel van president Ramaphosa se Economic Reconstruction and Recovery Plan (ERRP) wat in Oktober 2020 aangekondig is.
https://vaalweekblad.com/92938/solidariteit-en-afriforum-stuit-toerisme-rassefonds-in-hof/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




