

Wêreld Boekedag en Kopieregdag is Vrydag, 23 April, by Kiewiet-kleuterskool gevier saam met Elizabeth Fourie wat vir die jongspan kom storie lees het, en spesiaal van haar lekker saamsing kindertreffers vir hulle gesing het. Die datum 23 April is gekies vir die viering van Wêreld Boekedag omdat dit die datum is waarop beroemde skrywers soos Shakespeare en Cervantes oorlede is. Die dag word nou wêreldwyd herdenk om die impak en belangrikheid van skrywers, letterkunde en boeke op die samelewing te vier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



