Gerhard Benade en Frik le Roux (regs) van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika, tydens die eerste sterrekyk-geleentheid wat vroeër vanjaar op Deelfontein gehou is, by die groot 12-duim Meade-teleskoop van die sterrewag. Foto: Verskaf
Komende Saterdagaand, 12 Junie om 18:00, is daar weer ´n astronomie-aanbieding by die sterrewag op Deelfontein in die hart van die Vredefort Koepel. Aspekte van planeet- en sterrebewegings en ander interessante inligting word tydens ´n aanbieding in die seminaarkamer langs die sterrewag verduidelik. Daarna word die groot 12-duim Meade-teleskoop en `n 8-duim Newton-teleskoop ingespan om die naghemel nader te bring. Die uitstappie word gelei deur Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika. Kom voorbereid vir die koue, met warm klere, skoene, en `n mus. Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za verkrygbaar. Meld asseblief vooraf aan by 083 280 9784 of gerhard@deelfontein.co.za waar jy ook die koste van die uitstappie sal kry.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.