NewsNews

Huldeblyk aan ’n kranige visserman met ’n klein hart

Huldeblyk aan ’n kranige visserman met ’n klein hart

Barry Dreyer, gebore op 17 Desember 1957 is Woensdag, 16 Junie na ‘n kort siekbed in die ouderdom van 63 jaar oorlede. Barry en Annatjie, Antjie Poen, soos hy haar altyd genoem het, is op 26 Augustus 1978 getroud en het vir 43 jaar ‘n liefdevolle huwelik gehad.

“Jou plekkie is nou leeg my man, ek sal jou altyd liefhê; ek het nie woorde hoe om vir jou dankie te sê vir alles wat jy vir my gedoen het nie! Jy was nie net my sielsgenoot nie, maar ook my beste vriend…

My hart is so seer, maar ek weet jy is by Jesus se voete, en ek weet die Here sal my die krag gee om aan te gaan,” sê Annatjie. Barry en Annatjie was 19 jaar deel van die Swartklip en Northam-gemeenskap, waarna hulle in 2016 in Parys afgetree het. “Nou ja kyk, ou Barry was ‘n reguit op die man af mens met ‘n baie klein hartjie.

Sy hand was nooit te kort om te help waar hy kon nie. “Hy kon baie lekker lag en grappies maak – maar my maat, jy het presies geweet waar jy met hom staan! Sy eerlikheid en sy liefde vir mense rondom hom en sy liefde vir die Here sal altyd onthou word. “Barry was ook gekenmerk as ‘n wyse en regverdige mens. Hy was lief vir die buitelug en het die lewe behoorlik geniet. Hy het gereeld familie en vriende se kinders gehelp met visvang. ‘Bring die skepnet,’ was een van sy bekende sêgoed wat van sy peetkinders onthou word wanneer hulle langs die viswaters was. “‘n Kranige visserman wat meer trofeë gewen as wat getel kan word. Hy het sy SA Hengelklub en Springbokkleure vir visvang verwerf. Rus sag ou grote…”

 

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button