NewsNews

Groot hupstoot vir brandvereniging

Groot hupstoot vir brandvereniging

Danksy ‘n ruim skenking van R30 000 van Harcourts Parys, sal daar dwarsdeur die jaar voortgegaan kan word met die waardevolle werk wat deur die Working on Fire-span gedoen word. Die skenking is verlede week deur Saal de Jager, eienaar van Harcourts Parys,

aan Pieter Kemp (brandbeskermigsbestuurder), Jonathan van Aswegen (voorsitter van die Vaal Eden Brandvereniging) en Sarel van der Wat (sektorleier vir Roepgroep 6, Noordwes) oorhandig. Die koste vir die bestryding van veldbrande kom meestal uit boere se sakke en kan die span, danksy bydraes soos dié ook in die somer voortgaan om strategiese brandbane in plek te kry vir die wintermaande, ook by die vliegveld en vir opkomende boere.

Hoewel die Working on Fire-span deur die regering befonds word vir salarisse, help bydraes soos hierdie om die onkoste van brandstof en voertuigonderhoud te betaal. Die span is in Parys gestasioneer en verleen hulp by veldbrande in die Parys, Vredefort, Koppies en Sasolburg distrikte.

Hoewel hulle nie opgelei is vir strukturele brande of die toerusting daarvoor het nie, is die hulp wat hulle met veldbrande in die distrik verleen, van onskatbare waarde en beskik hulle oor die voertuig en toerusting spesifiek vir veldbrande. Hulle bedien lede van die Vaal Eden Brandvereniging, maar verleen ook hulp met veldbrande binne die Ngwathe munisipale gebied. Die span bestaan uit 15 lede. Harcourts Parys daag ander sakelui uit om ook ‘n bydrae te maak.  

 

By die Working on Fire-span wat in Parys gestasioneer is, is Jonathan van Aswegen (voorsitter van die Vaal Eden Brandvereniging), Pieter Kemp (brandbeskermingsbestuurder), Saal de Jager (eienaar Harcourts Parys) en Sarel van der Wat (sektorleier Roepgroep 6, Noordwes). Die voertuig op die foto is die volledig toegeruste voertuig van die Working on Fire-span.

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button