NewsNews

‘As jy niks het, is dit net geloof en ’n gemeenskap wat jou staande hou’

‘As jy niks het, is dit net geloof en ’n gemeenskap wat jou staande hou’

Wanneer jy van veertien jaar se herinneringe wegstap met net die klere aan jou lyf, is daar net een manier om aan te gaan – jy moet vorentoe kyk. Vandeesweek is dit presies ‘n maand sedert die huis van die Van Deventer-gesin op die h/v Boom- en Noorderstraat in Parys, binne twee ure in ‘n vloedgolf van vlamme verwoes is. Net die motorhuis het nie gebrand nie. ‘n Aand waarop twee gesinne die verjaardag van die 8-jarige Francois van Deventer sou vier.

Maar min het André en Riana van Deventer geweet dat in die nagmerrie wat in die donker nagure sou afspeel, hul lewens onherroeplik sou verander. Vandag is dit steeds nie seker wat die brand veroorsaak het nie. André en Riana het saam met Louw en Liezel Hager buite op die stoep by die braai-area  gekuier.

Francois en die Hagers se 13-jarige tweeling was binne in die prag dubbelverdiepinghuis met sy plankvloere. Francois nog opgewonde oor die vistenk wat hy vir sy verjaardag gekry het. Skielik het die kinders geluide gehoor. Die volgende oomblik was dit net vlamme. Die ontsettende oomblikke van chaos van dié trauma-nag, is nog helder in hul geheue ingebrand. Herinneringe van Francois se grootword-huis wat nou in as en bourommel lê.  

 

 

 

 

“Maar as jy niks het, is dit jou geloof wat jou staande hou,” sê Riana.

Die gesin het intussen ‘n huurhuis gekry. “Ons is ok. Ons het alles wat ons nodig het,” sê Riana en vertel hoe ongelooflik goed die hele gemeenskap vir hulle was.

Dankie vir elke omgee boodskap, elke gebaar waarmee daar na die gesin uitgereik is. Mense wat verblyf aangebied het, kos, klere en donasies gegee het, asook vir Francois se skool, familie en vriende. Daar was selfs mense wat uitgereik het na die gesin se Schauzer-hondjie, Ruben.

Omdat daar soveel name is, is dit nie moontlik om elkeen by die naam te bedank nie. Baie het anoniem skenkings gegee, maar vir elkeen wat die aand met die brand, en daarna uitgereik het op watter manier ook al, sê die gesin opreg dankie. Parys het ‘n omgee-gemeenskap soos min.

Die huis word nou gesloop.  

 

 

 

 

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button