
As jy gewonder het hoekom jou krag vanoggend af was – kabeldiefstal is weer die rede. Kragkabels is in Parys se nywerheidsgebied gesteel wat ‘n groot deel van die dorp sonder krag gelos het.
Die diefstal van elektriese en oorhoofse kabels, asook sabotasie by van die mini-substasies in die dorp en nywerheidsgebied kos die munisipaliteit derduisende en vir verbruikers ure sonder krag.
Dele in die ouer gedeelte van Tumahole is ook al van Maandagaand af sonder krag weens probleme met ‘n transformator. Ngwathe se elektriese span is besig met herstelwerk en behoort hierdie gedeeltes vandag nog weer krag te hê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



