NewsNews

Gehuurde bakkie gebruik om gesteelde koperkabel te vervoer

Gehuurde bakkie gebruik om gesteelde koperkabel te vervoer

Nog ‘n treinstasie het die week deurgeloop onder kabeldiewe. Die keer is dit in Bloemfontein gesteel, nadat die treinstasie by Wolwehoek vroeër in die week deurgeloop het.

Die gesteelde kabel waarop beslag gelê is deur lede van die Kroonstadse polisie se misdaadvoorkomingseenheid.

Die gesteelde koper is op Vrydag 31 Desember deur lede van die Kroonstadse SAPD Misdaadmisvoorkomingseenheid gekry.

Sers. Serame Malebo en a.o. Kgope Molefi was besig met patrollie op die N1 toe ‘n verdagte wit Toyota Hilux bakkie verby hulle is. Hulle het die bakkie agtervolg tot by ‘n weegbrug waar hulle die bakkie gestop het en beslag gelê het op die gesteelde vrag koper ter waarde van R109 111.000.  Vier persone is in hegtenis geneem. Daar is ook beslag gelê op die bakkie wat van ‘n motorverhuringsmaatskappy gehuur is.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button