News

Duikers onderweg na R30; nog ‘n motor in die water

Duikers onderweg na R30; nog'n motor in die water

   

Polisieduikers is op die oomblik van Frankfort na die R30 tussen Bothaville en Allanridge onderweg nadat ‘n motor net voor 21:00 hier in die water van ‘n pan weerskante van die pad beland het.

Twee van die drie insittendes kon daarin slaag om uit die motor te kom, maar die derde insittende was met die skryf van hierdie berig (22:16) nog in die water vasgekeer.

Sedert dié gedeelte van die pad vroeg in Februarie oorstroom het, is daar bykans weekliks ongelukke op die pad, meestal saans, wat al tot minstens 10 sterftes gelei het.

Nooddienste is tans op die toneel en motoriste word gevra om uiters versigtig te wees.    

 

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button