NewsNews

Lid van Queen met Vaaldriehoekse nooi getroud

Lid van Queen met Vaaldriehoekse nooi getroud

 

Die tromspeler Roger Taylor is al byna 12 jaar met Sarina Potgieter, ‘n gebore Vanderbijlparker, getroud

Al is jy ‘n tiener of tagtiger, die kanse is goed dat jy die rockgroep Queen se treffers, We Will Rock You en We Are the Champions, sal ken. Dié twee ikoniese treffers, wat presies 45 jaar gelede in 1977 vrygestel is, is immers steeds die bekendste aanhits-liedere by groot stadionsport dwarsoor die wêreld. Die legendariese Freddie Mercury en sy Queen-orkeslede, Roger Taylor, Brian May en John Deacon, het deur die jare huishoudelike name vir popliefhebbers geword en meer as 300 miljoen eksemplare van hul studio-albums is al wêreldwyd verkoop.

 

Wat min inwoners weet, is dat Roger Taylor, Queen se talentvolle tromspeler, al byna 12 jaar getroud is met die pragtige Sarina Potgieter, wat in die Vaaldriehoek gebore is en grootgeword het. Sarina is op 18 Desember 1971 in die destydse Vanderbijlpark-hospitaal gebore en het in Vereeniging grootgeword. Omdat sy van jongs af ‘n liefde vir drama en ballet gehad het, het haar ouers haar op 12-jarige ouderdom by die National School of the Arts in Johannesburg ingeskryf, waar sy haar hoërskoolloopbaan voltooi het. Sy het daarna in spesiale effekte, rekwisiete en stelontwerp aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie in Pretoria studeer. Met dié kwalifikasie agter haar naam is sy oorsee, waar sy professioneel gaan dans het en by ‘n aantal wêreldwye teaterproduksies betrokke was.

 

Sarina se paadjie het in die vroeë 2000’s met dié van Taylor gekruis. Hulle was ses jaar ‘n paartjie voordat hulle op 3 Oktober 2010 getroud is.

 

Lees die volledige berig op die webwerf van die Gazette se susterskoerant Vaalweekblad hier:

Lid van Queen met Vaaldriehoekse nooi getroud | Vaalweekblad

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button