

Baie geluk aan Anna-Marie Roux van Boomstraat 8 wat ons trofeewenner is vir April se Mooiste Sypaadjie-tuin in Parys. Die wentrofee sal Maandag aan haar oorhandig word. Dankie ook aan elke trotse tuinier wat ingeskryf het vir die April-kompetisie. Julle maak ons dorp mooi!
Onthou dat jy nou reeds kan inskryf vir Mei se kompetisie vir die Mooiste Sypaadjie-tuin in Parys. Gou spring met jou inskrywing – fantastiese pryse kan gewen word. Die kompetisie sluit 25 Mei.
Alle inskrywings vir April met die uitsondering van die April-weninskrywing, dring outomaties deur na die Mei-kompetisie.
Om in te skryf vir die kompetisie vir die “Mooiste sypaadjie-tuin in Parys” is maklik:
* Enige iemand kan deelneem.
* Inskrywings is oop vir die hele Parys, of jy in ‘n luukse woning bly, of in ‘n sinkplaat huis…hierdie gaan net oor die mooiste sypaadjie!
* Jy mag ook ‘n sypaadjie of munisipale area wat ‘n inwoner self mooi maak nomineer!
* April-inskrywings wat nie as wenner aangewys is nie, sal outomaties oorgedra word na die volgende maand se kompetisie. Al wat jy hoef te doen is om ‘n mooi, duidelike foto van jou sypaadjie/munisipale area wat jy self onderhou, te WhatsApp met jou naam, van, en straatadres na 083 258 3586. Slegs foto’s met dié inligting sal aanvaar word. Inskrywings vir April sluit 21 April.
Die wenner sal elke maand op die laaste Vrydag van die maand aangekondig word, en die trofee-oorhandiging sal deur die burgemeester vir Ngwathe, saam met Sanette van Petit Jardin, gedoen word sodra die wenner bekend is.
Nie net ontvang jy ‘n wisseltrofee nie – daar sal elke maand ‘n fantastiese geskenk/geskenke saam met die trofee aan die wenner oorhandig word danksy ongelooflike borge se ondersteuning.
🌟 Geskenkbewys vir ‘n heerlike ete deru Mac’s Deli.




















