NewsNews

Vroetel-kombersies vir hulle met Alheimers – só kan jy help

Sensoriese stimulasie is baie belangrik vir pasiënte met Alzheimer se siekte

Sensoriese stimulasie terapie is van groot hulp vir pasiënte met Alzheimer se siekte.

Vir die terapie is dit so eenvoudig soos om ‘n kombersie te maak met allerlei items waaraan gevroetel en mee gespeel kan word, stewig daarop vasgewerk sodat dit veilig sal wees vir die pasiënt om sensoriese stimulasie hieruit te kry.

Vandeesmaand is mense gevra om te help met lappies van sowat 60 x 60cm wat gebrei of gehekel kan word met enige wol en in enige kleur. Die lappies sal dan onder meer aan die Najaarsrus Tuiste vir Bejaardes in Parys, en Samuel Broadbent in Potchefstroom oorhandig word vir hul Alzheimer pasiënte.

Daar word ongeveer 40 lappies benodig.

Donasies vir wol, ritssluiters, knope, krale en lint is ook nodig sodat met dié lappies dan sogenaamde sensoriese kombersies vir die Alzheimer pasiënte gemaak kan word.

Die idee is om dan soveel moontlik veilige items waaraan jy kan vroetel en mee kan speel, stewig aan die lappies vas te werk. Die sluitingsdatum vir die projek is 31 Mei.

‘n Voorbeeld van ‘n sensoriese stimulasie kombers vir ‘n Alzheimer pasiënt.

As jy kan help of graag ‘n bydrae wil gee, skakel 079 386 2831 of gee jou bydrae af by Anna Patat in Breëstraat, Parys.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button