NewsNews

Vrystaatse Vories bid vir tannie Dawn

Die gemeenskap van Parys waarvan tannie Dawn soveel jaar al deel is en Parys se Voortrekkerkommando bid vir spoedige beterskap vir tannie Dawn.

Vir soveel jare ken nie net die Voortrekkers van Parys Voortrekkerkommando die gesig van tannie Dawn Rall nie.

Tannie Dawn is so deel van  Voortrekker-wees soos wat kamp vir elke Voortrekker is. Vir baie jare was sy die gesig van Voortrekkers in Parys en het haar hande vir niks verkeerd gestaan nie.

Maar nou is tannie Dawn ernstig siek in die intensiewe sorgeenheid van die Durbanville MediClinic en bid die Vorie-maats vir spoedige beterskap.

Tannie Dawn loop al sedert Desember/Januarie ‘n pad met haar gesondheid. In Januarie was sy in die Panorama Mediclinic se harteenheid opgeneem ná ‘n hartaanval. Ná ‘n lang siekbed het sy herstel maar toe weer in April in die hospitaal beland. Weer het sy mooi herstel en was gereed om terug te keer na Parys, toe sy ernstig siek geword het.

Die gemeenskap van Parys waarvan tannie Dawn soveel jaar al deel is en Parys se Voortrekkerkommando bid vir spoedige beterskap vir tannie Dawn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button