NewsNews

Vrystaat se vullisterreine ’n totale ramp

Geen van die 25 vullisterreine wat in die Vrystaat geoudit is, het aan nasionale standaarde voldoen nie

AfriForum het vanjaar 162 vullisterreine landwyd geoudit as deel van dié organisasie se nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet.

Geen van die 25 vullisterreine wat in die Vrystaat geoudit is, het aan nasionale standaarde voldoen nie. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59 van 2008, moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen.

Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, is al die vullisterreine in die Vrystaat in ’n haglike toestand. “Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan munisipaliteite wat nie die wil het om aan die standaarde te voldoen nie. Weens wanbestuur is daar nie fondse om op die regte plekke, waaronder vullisterreine, aan te wend nie.”

Sy sê dit is skreiend dat die omgewings so besoedel word.

Die vullisstortingsterrein in Heilbron
Die Bothaville stortingsterrein

Chris Morgan, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland, sê die mees algemene probleme wat AfriForum tydens die oudit opgemerk het, is die afwesigheid van afvalbestuurslisensies en ’n algehele wanbestuur van terreine. “’n Deel van die probleem is dat daar nie bevoegde mense aangestel word in die betrokke poste nie, dus is daar onkundigheid oor die bestuur van die vullisterreine.”

Munisipale verval is aan die orde van die dag en dit is ooglopend dat veral kleiner munisipaliteite onder grootskaalse wanbestuur gebuk gaan, sê hy.

AfriForum het in die laaste twee jaar by verskeie geleenthede met Barbara Creecy, minister van Bosbou, Visserye en Omgewingsake, en haar span vergader. Uit die vergaderings was dit duidelik dat daar onvoldoende kommunikasie bestaan tussen nasionale, provinsiale en plaaslike owerhede. Dit is ’n bewys daarvan dat samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) en die departement van Bosbou, Visserye en Omgewingsake nie met mekaar kommunikeer nie, sê die burgerregte organisasie.

Die vullisterreine in wit gemerk word bedryf met permit, dié in geel sonder permit, en dié in groen is oorlaaistasies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button