
Wanneer het jy laas in Allenbystraat gery?
Gaan kyk bietjie. Danksy drs. Johan en Brigitta Wessels van Parys Dierehospitaal wat die sny van die sypaadjiegras in Allenbystraat moontlik gemaak het met die hulp van Sanette van Petit Jardin, en bydraes van inwoners van Allenbystraat, sal jy nie glo hoe netjies dit nou hier lyk nie.Selfs die bome is gesnoei.
Die span het ook die sypaadjie gedeelte voor die munisipale kantore in Allenbystraat, en by ‘n bouvallige munisipale eiendom in die straat skoongemaak. By die munisipale eiendom is 20 vullissakke alleen volgemaak en weggery.

Vandag, Dinsdag 25 Oktober, het Sanette en haar span verder skoongemaak en volgende week kom hulle weer.
Skoonmaak en netjies maak wat uit mense se eie sakke kom.
Dit word raakgesien nie net deur Parysenaars nie, maar die talle mense wat hierdie pad ry om by die AfriDome te kom.



