

Talle waterkykers het vanmiddag al langs die Vaal se oewer gestap of gery om te sien hoeveel die watervlak van die Vaalrivier gestyg het. Hoewel die effek van die 8 sluise wat vandag stelselmatig by die Vaaldam oopgetrek is, eers môre hier by Parys gesien sal word, was die ongelooflike palet van kleur met sonsondergang en ‘n reënboog iets besonders om te sien.







Foto’s: Liezl Scheepers


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



