News

Sakevroue help MooiParys om dorp skoon te hou

"Ek weet dat hierdie skenking uit jul harte kom, en ek het werklik groot waardering hiervoor," het Braam gesê.

‘n Groep sakevroue van Parys bekend as We Do Deals in Heels, het verlede week tydens die maandelikse byeenkoms van die Parys Business Network, ‘n geldelike skenking aan die nie-winsgewende organisasie MooiParys gemaak. Die skenking is deur Braam Cilliers namens die organisasie ontvang.

Die span van MooiParys sorg weekliks dat die middedorp en hoofstraat van Parys skoongemaak word, onkruid met gifdoder gespuit word, sypaadjies verfraai, en die gras in parke en op sypaadjies gesny word.

Daar is ook al verskeie kere in die begraafplaas langs die dorp se hoofstraat skoongemaak.

Week vir week kan gesien word watter verskil hierdie organisasie onder Braam se leiding in die dorp maak.

In sy boodskap aan die sakevroue, het Braam gesê: “Ek ken baie min van julle, maar julle het in my en ander Parysenaars se harte kom plek maak! Ek sou graag met elkeen van julle wou kennis maak.”

“Dit was ñ groot verrassing toe daar ñ finansiêle skenking aan MooiParys gemaak is. Ons grootste uitgawe om die aksies van ñ mooier en skoner Parys uit te voer, is vir die lone van die manne wat my help. Hierdie skenking gaan daartoe bydra.”
“Dit skep ook geleentheid dat die manne wat help, kos op hul tafels kan hê.”

“Ek weet dat hierdie skenking uit jul harte kom, en ek het werklik groot waardering hiervoor,” het Braam gesê.

“Ek vertrou dat jul reeds in jul besighede en persoonlike omgewing, die impak wat Mooi Parys maak, sal ervaar!,” het hy gesê.
Die Parys Business Network samekoms is by Top Hat Supper Theatre gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button