News

Drie van Parys in World Monologue finaal

Hulle het jou stem nodig!

Nie minder nie as drie Parysenaars is in vanjaar se World Monologue finaal. Die talentvolle jong dramastudente is Carli de Jager, Nicola Kotze en Vivienne van der Schyff.

Hulle neem op 17 November (Tigers) en die naweek van 24/25 November (Youth) aan die Global Finals deel,  en tel kykersstemme vir hulle as deel van die finale beoordeling.

Beide Carli en Nicola neem deel aan die Tigers kategorie, (kinders tot en met ouderdom 12 jaar), terwyl Vivienne in die Youth kategorie (kinders 12 tot 18 jaar) sal meeding.

Die publiek het 48 uur na hul deelname tyd om te kan stem.

Die World Monologue Games is die grootste dramakompetisie ter wêreld met deelnemers uit 100 lande. Van die wêreld se voorste akteurs en filmregiseurs tree op as beoordelaars van die kompetisie wat vir die eerste keer in 2020 aangebied is tydens Covid-19 inperking.

Sedertdien het bykans 10 000 deelnemers al geregistreer.

Die drie Parysenaars is onder die net 86 deelnemers in 6 kategorieë wat vanjaar gevorder het tot by die Global Finals.

Jy kan na die digitale stroming van hul deelname op YouTube kyk.

Die Tigers-kategorie uitsending begin om 11:00 op 17 November. Die skakel waar jy kan stem vir Carli en Nicola is https://www.youtube.com/live/Hf1MDR5we1A?si=3eTbrO3i_5JoIECE

Nicola Kotze

Carli de Jager

Die skakel vir die Youth-kategorie is https://www.youtube.com/live/CmBrK_5_oIY?si=HQ5Z2EqcNCbQePOm. Die stromingsuitsending is op 25 November om 10:00.

Vivienne van der Schyff

Die skakel sal ook na die uitsending gegee word. Om te stem is gratis en al wat jy moet doen is om ‘n e-pos te stuur na die betrokke skakel. Onthou dat jy nie voor die optrede mag stem nie.

Meer inligting oor die kompetisie is ook op worldmonologuegames.com.watch

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button