News

Het jy help brei aan Oekraïne-teddies?

ATKV Vredefort Koepel wil graag dankie sê aan elkeen wat met hierdie projek gehelp het.

‘n Spesiale dankie-sê geleentheid word beplan vir 15 November vir elkeen wat die ATKV Vredefort Koepel-tak help brei het aan die landwye projek van die organisasie
waarmee uitgereik is na kinders en bejaardes van die oorlog geteisterde Oekraïne.

Die gedagte met die projek was om die helfte van die beertjies wat vir die projek ontvang is, op te veil en te verkoop om dit moontlik te maak om ‘n span vrywilligers
na die Oekraïne te stuur om te help met die berading van veral kinders en bejaardes daar.

Die span help ook om van die bejaardes en kinders na veiligheidsgebiede te bring.

Breinaalde het fluks gewikkel, en het Parys se mense entoesiasties aan die projek deelgeneem.

As jy help brei het, skakel vir Sanmari Vorster by 084 582 1681 om bywoning van die dankie-sê geleentheid te bevestig

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button