News

Hoërskool Parys se uitblinkers vir 2023

Baie geluk aan hierdie leerders

Hoërskool Parys het met sy jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid erkenning gegee aan die skool se uitblinkers in akademie, sport en kultuur. Vanjaar se Dux-leerder is Kyla Coetzee wat geskitter het met ‘n gemiddeld van 94%.

Zak Naude is beloon met die trofee as die skool se Sportman van die Jaar vir 2023. Hy ontvang ook ‘n meriete toekenning vir sy atletiekprestasie by die Afrikakampioenskappe.

Anke Garbers is Hoërskool Parys se 2023 Sportvrou van die Jaar.

Dregan Brink is aangewys as die seun wat vanjaar geskitter het met die veelsydigste sportprestasie. Hierbenewens ontvang hy ook ‘n meriete toekenning vir
sy internasionale deelname aan Laser Run, en is hy die skool se beste junior redenaar vir 2023.

Suré de Swardt het geskitter as die dogter met die veelsydigste sportprestasie.

Diaan Brink ontvang die Suumquetoekenning vir 2023 vir sy uitstaande prestasies, nie net op sport- en kultuurgebied nie, maar ook as leier. Benewens die Suumque-toekenning stap hy weg met die trofee vir die seun met die beste kulltuurprestasie, en as beste senior redenaar.

Mari van der Merwe ontvang die toekenning vir die dogter met die beste kultuurprestasie

Megan Daniel en Hilke Scheepers deel die trofee vir die dogter met die veelsydigste kultuurprestasie.

MW Supra ontvang die trofee vir die seun met die veelsydigste kultuurprestasie.

Denise Stoltz het ‘n meriete-toekenning ontvang vir haar prestasie in kano polo as kaptein van die SA o.21-span

Benewens die individuele toekennings wat tydens Hoërskool Parys se jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid oorhandig is, is ‘n meriete-toekenning ook vanjaar aan Hoërskool Parys se o.15 rugbyspan oorhandig. Die span was nie net vanjaar vir die tweede jaar agtereenvolgens aangewys as die Valke Hoërskole ligawenners nie, maar wen ook die Noordvaal-liga.’n Uitsonderlike prestasie vir hierdie span.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button