Local newsNews

Sport en sports in sopnat Parys

Die sportweek is jaarliks 'n groot ekonomiese inspuiting vir Parys.

Nie eens die eendeweer kon ‘n demper plaas op die gees van spelers wat aan vanjaar se Parys Hoërskool Alumni Namgola Sportweek, aangebied deur Gracelands Energy, deelgeneem het. Benewens die positiewe terugvoer van spelers en afrigters, was die sportweek ook ‘n ekonomiese inspuiting vir die dorp.

Van die wedstryde moes weens reën afgestel word, maar is die week gesien as ‘n uitstekende geleentheid
om die voetwerk reg te kry vir die seisoen.

Hoërskool Parys se Nico Rust in aksie tydens ‘n sopnat wedstryd teen Zastron in die Plaat-finaal. Parys wen die wedstryd 10-7. Foto: Ferdie Jordaan.
‘n Emosionele oomblik vir spelers van Zastron nadat hulle die wedstryd teen Parys verloor het. Foto: Ferdie Jordaan.

Hoërskool Pionier het koning gekraai op die netbalbaan, terwyl Hoërskool Parys se Rorisang Roberts aangewys was as die netbalspeler van die Namgola Sportweek.

By die rugby kon twee bekerfinale nie plaasvind nie, omdat die veld onspeelbaar geraak het weens aanhoudende reën. Pionier en Brandfort deel daarom die Namgola beker, en Heilbron en Hennenman
die Graceland-beker.

Hoopstad het die Namgola Wooden Spoon gewen, en President Steyn die Graceland
Wooden Spoon. Die Graceland Plaatfinaal is gewen deur Panorama, en die Namgola Plaat-finaal deur Parys.
Die Namgola Skild-wenner was Retief, met Maragon Mooikloof

 

Foto: Marais Nell en Sybil Joubert.
Foto: Marais Nell & Sybil Joubert.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button