Vroue Landbou Unie gesels oor die wonder van sade
Guillaume het ook gesels oor onder meer pampoensaad en bloekomsaad, en die interessante feit dat mos vier keer meere koolstofdioksied kan absorbeer as bome.

Met haar verstommende kennis oor sade kan Thea Guillaume jou ure lank besig hou.
Thea het by die April-byeenkoms van die plaaslike Vroue Landbou Unie (VLU gesels oor verskeie sade – hul vorms, kleure, kapsules en ook varingspore.
Sy het meer vertel van die eikeboom, palmbome en die vele gebruike van die Kurk-eik wat tot 200 jaar oud kan word.
“Laasgenoemde se kurkbas kan na 25 jaar geoes word, en daarna elke nege tot 12 jaar,” het sy vertel.
Guillaume het ook gesels oor onder meer pampoensaad en bloekomsaad, en die interessante feit dat mos vier keer meere koolstofdioksied kan absorbeer as bome.
Daar is daar bestuifde plantsade, ook bekend as erfsade, wat van geslag tot geslag oorgedra is soos die erftamaties, wat dikwels ‘n beter geur, kleur of tekstuur vir ‘n tuinier bied, maar nie die houvermoë (rakleeftyd), eenvormige kleur en vorm, weerstand teen siektes of vroeë volwassenheid het wat hulle kommersieel lewensvatbaar sou maak nie.
Erfsade is deur saadbewaringsorganisasies en tuiniers oor die jare versamel, aangesien groter saadmaatskappy gewoonlik net op hibriedvariëteite met kommersiële waarde fokus.
Dit is iets wat met saad oor ‘n lang tydperk gebeur – ‘n selektiewe kruisteling of inteling om by ‘n sterker, meer geharde saad uit te kom wat nie geneties gemanipuleer word nie.
Dan is daar die 1 700 saadbanke oor die wêreld – saadgene wat in silwer foeliepakkies, saadbuise of in bokse gepak en bewaar word.
‘n Voorbeeld hiervan kry jy by Svalberg, een van Noorweë se eilande, waar ‘n ‘saadkluis’ in die Spitsbergen is. “Daar in die afgesonderde berge word 13 000 jaar se landbou geskiedenis bewaar,” het Guillaume gesê.
Die VLU se plant van die jaar is Senseveira, beter bekend aas Skoonma se Tong – ‘n gewilde Fengshui plant met sy kenmerkende skerp, swaardagtige blare.
Die VLU vroue kom weer bymekaar op 6 Mei. Gaste is welkom. Vir meer inligting gesels met Annatjie Dreyer by 082 464 0204, of Bernadet van der Ende by 082 474 0304.
Handige kruiewenk:
Gooi gekapte roosmaryn en growwe sout by jou Shortbread deeg. Dit gee ‘n aangename en unieke smaakverskil.



