Local newsNews

Trek nader jou jas – bibberweer kom

Die temperatuur sal eers teen Woensdag weer geleidelik begin styg

Hou maar die hout vir die kaggel en jou jas reg – bibberweer word deur die weerdiens voorspel tot minstens Woensdag weens ‘n afsnylaagdrukstelsel.

Die Weerdiens het gewaarsku teen stormsterk wind, reën en baie lae maksimum temperature oor die grootste deel van die land. Wes- en Nood-Kapenaars sal reeds vandag die koue voel, terwyl die afsnylaagdrukstelsel Maandag en Dinsdag die sentrale en oostelike dele van die land sal tref met baie lae maksimum temperature.

Sneeu is ook voorspel oor dele van die land en kan die N3 by Van Reenenspas Maandag en Dinsdag waarskynlik geraak word.

Met sterk wind wat voorspel word, is ook gewaarsku teen brandgevaar veral in die sentrale en oostelike dele van die land

Met Sondag se Comrades wat tussen Pietermaritzburg en Durgan gehardloop word is matige tot warm en winderige weerstoestande in dié deel van die land vir Sondag voorspel, maar kan reën later die middag aan die kus val wat koeler temperature tot gevolg kan hê.

Vir Parys is ‘n maksimum van 22 grade Celsius vir Saterdag voorspel, en ‘n 21 grade maksimum temperatuur vir Sondag.

Reën word egter vir Maandag voorspel en val die maksimum temperatuur dan na 14 grade Celsius.

Dinsdag gaan dit n yskoue 12 grade maksimum en 0 grade minimum wees voordat die temperatuur geleidelik sal begin optel maar steeds dan onder die 20 grade maksimum vir die res van die week sal wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button