Local newsNews

Kêrel sit lewenslank vir moord

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die pogings van beide die ondersoekspan en die gemeenskapslede geloof, wie se samewerking gelei het tot die suksesvolle skuldigbevinding en vonnisoplegging.

Abel Serame Mathige (39) is in die Vrystaatse Hoë Hof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op sy vriendin. Die vonnis is op 28 Mei opgelê.

Volgens polisiewoordvoerder, sers. Josephine Ranie, spruit die vonnis uit ‘n voorval op 3 Mei  2024.  Rani sê die polisie het gereageer nadat inligting ontvang is van ’n pasiënt wat by die Boitumelo Streekhospitaal dood is ná ’n beweerde aanranding.

Die oorledenes is geïdentifiseer as mev. Anna Motaung (51), ’n inwoner van Welkomplaas in die Viljoenskroon-distrik. Daar kon asgestel word dat sy na die Boitumelo-hospitaal oorgeplaas is ná sy glo deur haar kêrel aangerand is. Ongelukkig is sy oorlede terwyl sy mediese behandeling ontvang het.

Sersant Thabo Mothlabi van die Viljoenskroon-speurdiens het die ondersoek gelei. Met waardevolle hulp van die plaaslike gemeenskap het die ondersoekbeampte onvermoeid gewerk om te verseker dat Mathige vasgetrek kon word.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die pogings van beide die ondersoekspan en die gemeenskapslede geloof, wie se samewerking gelei het tot die suksesvolle skuldigbevinding en vonnisoplegging van Mathige, het Rani gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button