Local newsNews

Konsentrasiekampdag vanjaar weer op besondere wyse herdenk

Vir meer inligting skakel Gys by 082 934 8017, Mark by 084 860 2858, of Jan-Danie by 082 965 7002

Konsentrasiekampdag word Maandag 16 Junie in die Vereeniging Konsentrasiekamp  begraafplaas vanaf 09:00 herdenk met n kort diens en program.  Die besondere program word aangebied deur die Vaadriehoek Kultuurnetwerk,  in samewerking met die FAK Kultuurnetwerke Sentral en Vrystaat, GGSA Vaal, die Vryheidsmonument Voortrekkers, Chalkboard Champs en vriende van die kultuur en geskiedenis.

Bring jou kampstoel, ‘n hoed sou die son skyn, of ‘n lekker kombers as dit koud is, en wees deel van die dag wat beloof om ‘n besondere belewenis te wees.

Vanjaar se program sluit ‘n vlagseremonie deur die Voortrekkers in, waarna Jan-Danie Malan ‘n oorsig sal gee oor waaroor die dag gaan. Die verwerking van Modder en Bloed en Afrikanershart vir ‘n item deur die Chalkboard Champs, beloof ‘n hoogtepunt op die program te wees, vertel Kobie Ströh van die Vaal Kultuurnetwerk.

Meer oor die verskroeide aarde beleid en konsentrasiekampe sal deur Gys Ströh die oggend vertel word, asook oor die Vrede van Vereeniging en die opstaan na die oorlog.

Lewende voorstellings in die Konsentrasiekamp-begraafplaas wat onder meer die situasie in konsentrasiekampe gaan uitbeeld sal weer n besondere blik op die geskiedenis gee en sal daar ook ‘n kranslegging en Volkspele demonstrasie wees.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button