Local newsNews

Voet in die hoek vir Africa off-road racing Parys 200

Die naweek se veldren was die vyfde klub en streekren vir 2025, en is die volgende geleentheid vir deelname op 5 Julie in Lichtenburg.

Die Africa Off-road Racing Parys 200 is vir die eerste keer in jare die afgelope naweek in die dorp gehou en het motors en motorfietse in verskeie klasse meegeding.

Dié familiesport wat mense oor die land trek, maak ook voorsiening vir kinders en juniors om te kan deelneem, met kinders wat ‘n baan ry, terwyl die juniors ‘n 50km roete volg.

Volwasse deelnemers in beide die motor en motorfiets-klasse moes die uitdagings van die 200km veldroete by De Vette Mossel trotseer.

Die naweek se veldren was die vyfde klub en streekren vir 2025, en is die volgende geleentheid vir deelname op 5 Julie in Lichtenburg.

Africa Off-road is geaffilieer by World of Motorsport ZA (WOMZA) en kan deelnemers ook hul WOMZA-kleure verwerf.

Africa Off-road Parys 200 veldren
Van die deelnemers aan die Africa Off-road Parys 200. Op die foto is Robert Bester, Tyler-Jay Woodruff, Nicole Prinsloo, Wiehan le Roux en Coenraad Ferreira.
Hertzog en Nicole Prinsloo kon nie hul wedren voltooi nie as gevolg van teëspoed met bande. Hulle was in Desember die wenners van die Lichtenburg rally.
Waldo Prins en sy ma, Erika Willemse, het eerste in die F-klas en sewende algeheel geeïndig.
Tyler-Jay Woodruff en Robert Bester was eerste in die Warrior-klas.
Volwasse deelnemers het n 200km roete gery.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button