Local newsNews
Lang arm van die gereg trek vermeende dwelmhandelaar vas
Die man sal voor die Parys-landdroshof verskyn vir die besit van dwelms.
‘n Agt en dertigjarige man is vir die besit van dwelms in Tumahole in hegtenis geneem.
Polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani sê polisielede het inligting gekry dat dwelms deur die man verkoop word. Toe die polisie by die adres kom het die man probeer vlug, maar was die lang arm van die gereg vir hom té lank.
Nege pakkies Crystal meth en ses Mandrax tablette is by hom gekry wat deur die polisie gekonfiskeeer is.
Die man sal voor die landdroshof in Parys verskyn vir die besit van dwelms, het sers. Rani bevestig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



