Local newsNews

Twee polisielede gearresteer vir korrupsie na voorval by drankwinkel

Provinsiale kommissaris luitenant-generaal Baile Motswenyane sê korrupsie sal beveg word en daar sal nie gehuiwer word om op tree teen wie ookal hul skuldig maak daaraan.

Die Provinsiale Anti-Korrupsie-eenheid het twee lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in hegtenis geneem in verband met ’n beweerde korrupsievoorval wat in Maart vanjaar in Harrismith plaasgevind het. Die inhegtenisnemings, wat Donderdag uitgevoer is, vorm deel van die eenheid se mandaat  om korrupsie op alle vlakke van die openbare sektor, insluitend wetstoepassing, uit te roei, het polisiewoordvoerder kaptein Loraine Earle gesê.

Die arrestasies spruit uit ’n voorval wat op 5 Maart in Harrismith aangemeld is, waar  beweer word dat die twee beamptes ’n drankwinkel besoek het en valslik voorgegee het dat hulle amptenare van Bloemfontein is wat ’n inspeksie uitvoer om die egtheid van die verkope van drank te verifieer. Ná hulle sogenaamde inspeksie het hulle glo die eienaar van die winkel met arrestasie gedreig en omkoopgeld van R5 000 geëis. Die klaagster het aangedui dat sy net R2 500 beskikbaar het, wat die beamptes aanvaar het voordat hulle die perseel verlaat het.

Die saak is aangemeld en aan die Provinsiale Anti-Korrupsie-eenheid oorhandig vir ondersoek. Ná voltooiing van die ondersoek is die saakdossier aan die Direkteur van Openbare Vervolgings oorhandig, wat duidelike opdrag gegee het om die verdagtes in hegtenis te neem en aan te kla.

Provinsiale kommissaris luitenant-generaal Baile Motswenyane, het haar standpunt teen korrupsie herhaal: “Ons sal korrupsie onverskrokke bly beveg. Indien persone wat betrokke is, van ons eie geledere is, sal ons nie huiwer om daadwerklik op te tree nie. Niemand is bo die wet verhewe nie, en ons bly daartoe verbind om aanspreeklikheid te verseker en die integriteit van die SAPD te handhaaf.”

Albei verdagtes, twee sersante onderskeidelik 44 en 45 jaar oud van die Bethlehem Openbare Orde Polisiëringseenheid, is tans in aanhouding en sal na verwagting op 13 Junievoor die hof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button