Local newsNews

Wagte trek vermeende wildstropers vas

Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris Zeph Mkhwanazi, het gesê die arrestasie hou 'n ernstige waarskuwing in vir wildstropers, en dat daar aangehou sal word om te verseker dat die Krugerwildtuin veilig bly omdat dit 'n deel van ons erfenis is.

Drie vermeende wildstropers is Saterdag in die oggendure naby die Satara-ruskamp in die Krugerwildtuin deur wagte wat op patrollie was, vasgetrek.

Volgens polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Jabu Ndubane, is die drie buitelanders in die omgewing van die Ngotsodam gekry met onder meer ‘n jaggeweer, patrone, ‘n byl en ‘n mes.

Die wagte het die mans beveel om stil te staan en die wapen op die grond neer te sit; Daar is nie gehoor gegee aan die versoek nie en het die verdagtes op die wagte geskiet. In die oor-en-weer-skietery wat gevolg het, is twee van die vermeende wildstropers gewonrd en die derde het gevlugk  het Ndubane gesê.

Polisie en nooddienste is na die toneel, waar een van die verdagtes aan sy wonde beswyk het terwyl hy behandel is. Die ander beseerde verdagte is per ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer. Hy is n Mosambiekse burger en word vermoed dat hy onwettig in die land is, het Ndubane gesê.

Hy sal sodra hy ontslaan word, voor die hof verskyn op klagte van onwettige betreding, besit van n vuurwapen en ammunisie en poging tot moord. Nog klagtes kan moontlik bygevoeg word het die polisie gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button